Twee Kraaifontein-tieners is vannoggend gruwelik vermoor in ’n voorval wat vermoedelik verband hou met bendegeweld in Scottsdene.
Lt. Wayne Theunis, ’n polisie woordvoerder het bevestig dat die tieners, een seun en een meisie gesterf het, nadat hulle deur hul aanvallers aan die brand gesteek is.
“Die ondersoek is tans in ’n baie sensitiewe stadium, maar ons kan bevestig dat daar al talle verdagtes in hegtenis geneem is,” sê hy.
Theunis het gesê dat meer inligting bekend gemaak sal word namate die ondersoek vorder.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this article:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.



