Talle Suid-Afrikaanse kookboeke in die gesogte Gourmand-finaal

Jenny Morris se nuwe kookboek Greedy Girl
Jenny Morris se nuwe kookboek Greedy Girl

Talle Suid-Afrikaanse kookboeke in die gesogte Gourmand-finaal


KAAPSTAD – Bekende uitgewer Penguin Random House Suid-Afrika het 14 finaliste vir die 32ste Gourmand Wêreldkookboek-toekennings.

Die Gourmand-toekennings is in 1995 deur Edouard Cointreau gestig en vereer jaarliks die wêreld se beste kos- en wynboeke – in beide gedrukte en digitale formate – asook kos-televisieprogramme. Plaaslike finaliste ding vanjaar teen strawwe kompetisie mee – altesaam 1 453 finaliste uit 210 lande ding mee.

LEES OOK: Kindertekeninge gesoek vir splinternuwe Liewe Heksie-boek

Jan Braai en Jenny Morris onder finaliste

Onder die Suid-Afrikaanse finaliste, wat vir die gesogte titels in hul onderskeie afdelings sal kook en bak en braai , is bekende huishoudelike name sowel as nuwe stemme in die kulinêre bedryf. Jan Braai en die spotprentkunstenaar Kobus Galloway het die kortlys gehaal in die afdeling vir illustrasies en braai met hul unieke samewerking, Jan Braai Idees vol vrees.

an Braai en Kobus Galloway se Idees vol Vrees
Jan Braai en Kobus Galloway se Idees vol Vrees

Die bekende sjef Jenny Morris is ook ‘n finalis in die afdeling vir bekende sjefs met haar boek Greedy Girl, asook Isabella Niehaus se Bella’s Kitchen.

Die finaliste sluit sluit in:

  • Bekende Sjefs: Greedy Girl deur Jenny Morris
  • Bekende Sjefs: Bella’s Kitchen deur Isabella Niehaus
  • Onthaal: The Art of Hosting deur Louise Volschenk
  • Illustrasies & Braai: Jan Braai Idees vol vrees deur Jan Braai en Kobus Galloway
  • Eerste Kookboek: Paradise deur Kenneth Tebogo Middleton
  • Hotelle: Food Safari with Isibindi deur Isibindi Lodges
  • Private Sjefs: You’re Invited deur Zandi Manyaku
  • Indies: The Journey deur Naqiyah Mayat
  • Asiaties (buite Asië gepubliseer): Madame Curry deur Yudhika Sujanani
  • Koserfenis: Retro Karoo Food deur Tony Jackman
  • Gesondheid- en Voedingsboeke: Making Healthy Happen deur Claire Julsing-Strydom
  • Speserye en Kruie: The Cape Malay Culinary Masterclass deur Cariema Isaacs
  • Maklike Resepte: Simply More Zola deur Zola Nene
  • Vleisboeke en Dieet: Living The Ultimate Carnivore Lifestyle deur Hendrik Marais

SA sjefs teel die kollig in 2025

Suid-Afrika het voorheen groot sukses in die toekennings behaal, met verskeie plaaslike skrywers wat as die “Beste ter Wêreld” in hul onderskeie afdelings gekroon is. Onder die noemenswaardige vorige wenners is Jan Braai, wat dubbele eer weggedra het met Atmosfire in die Braai-afdeling en Jan Braai Junior in the Kitchen in die kinder-afdeling.

Isibindi Lodges se nuwe kookboek Food Safari
Isibindi Lodges se nuwe kookboek Food Safari

Die bekende sjef Herman Lensing het die internasionale kollig gesteel toe sy kookboek Herman se Tafel as die beste ter wêreld in die glanssjef-wêreld-afdeling aangewys is.

LEES OOK: Bellvilliete kóók op ‘Kokkedoor’

Kamini Pather het goud in die Indiese-kos-afdeling met met haar boek All Dhal’d Up gewen, terwyl Sinoyolo Sifo met die gesogte eerste plek in die afdeling vir bloggers weggestap het met Sifo the Cooking Husband Vol. 2.

Die finale wenners sal in Mei 2027 tydens ‘n glansgeleentheid bekendgemaak word.
Vir meer inligting oor die toekennings kan die webwerf www.cookbookfair.com besoek word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article