Atlete van verskeie laerskole het op Donderdag 5 Februarie aan die jaarlikse Prestige-atletiekbyeenkoms by die Laerskool Mikro in Kuilsrivier deelgeneem.
In die senior afdeling is AJ Weyers en Nicola Swift as onderskeidelik die victor en victrix ludorum aangewys. Lianéy Vermeulen en Neil Sadie was die beste junior atlete.
Twee leerders van die Laerskool Mikro se kunswerke is gekies om deel van Santam se aanlynkunsuitstalling volgende jaar te wees.
Die bloues, rooies en geles het mekaar die stryd aangesê by die Laerskool Mikro se interhuis-atletiekbyeenkoms die afgelope Saterdag. Die blouspan was bobaas op die baan en op die pawiljoen.