Die Stadskoor Tygerberg is op soek na nuwe lede en het ’n opwindende program vir die nuwe jaar.

Die musiekdirekteur, Peter Roux, se beplanning vir die eerste semester sluit optredes in verskeie kerke rakende die tema van die Lydenstyd in. Die program behels onder andere Joseph Rheinberger se Stabat Mater, ’n werk wat verwys na Moeder Maria se pyn tydens die kruisiging van Jesus.

Hulle is baie opgewonde oor ’n Sondagmiddagkonsert in die Groote Kerk, Kaapstad, op 3 April om 15:00. Verdere besonderhede sal binnekort verskaf word.

Vir die tweede kwartaal word ’n uitvoering van Händel se Messias in samewerking met ander kore beplan.

“Ons koor is passievol om uit te reik na ouer mense wat nie noodwendig kan uitgaan na konserte nie. Daarom is ook verskeie optredes by aftreeoorde in die vooruitsig,” sê Hester Heunis, lid van die koor.

“Om ’n goeie produk te lewer, benodig ons egter nog koorlede. Ons het veral ’n behoefte aan mansstemme.”

Hulle oefen Donderdagaande van 19:00 tot 21:00 in die NG kerk De Tyger, Hannes Louwstraat, Parow-Noord.

Daar sal ’n spesiale oefennaweek wees gedurende Vrydagaand 4 Februarie en Saterdag 5 Februarie om die program vir die eerste semester behoorlik vas te lê.

Besoek hul webtuiste www.tygerbergstadskoor.co.za, en hou hul Facebookblad dop vir nuus van optredes.

“Ons sien daarna uit om gehore binnekort te verkwik met koorsang uit die boonste rakke. Kom wees gerus deel hiervan,” sê Heunis.

Enigiemand wat daarin belang stel om ’n oudisie te doen kan Peter by 083 535 3707 bel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article