Die jaarlikse Top-5-skole-atletiekbyeenkoms was weer vanjaar `n reusesukses. Die Hoerskool Brackenfell het gasheer gespeel, hoewel die byeenkoms op Donderdag 12 Februarie by Coetzenburg in Stellenbosch plaasgevind het.
Die voormalige Top-4-byeenkoms is vanjaar aangepas na die Top-5 om meer atlete die geleentheid te bied om mee te ding. Die vyf skole wat meegeding het, was die Hoërskole Brackenfell, Durbanville, Fairmont, The Settlers en Curro Durbanville, wat bygekom het.
FLASHES: ‘Top 5’ schools capture excitement with flashes
Die atletiek-skouspel is gekenmerk deur uitstekende atletiekprestasies, goeie sportmangees en entoesiastiese ondersteuning van die pawiljoen.

Die Hoërskool Durbanville het as algehele wenner uit die stryd getree en beide die atletiekbeker en die flash-beker verower, terwyl The Settlers High School met die geesbeker weggestap het.
Die top-atlete was Daniel Rainho (senior victor ludorum), Lisa Krige (junior victrix ludorum,) en Jan-Harm Burger (junior victor ludorum) almal van die Hoerskool Durbanville, en Anna Ndlovu van Curro Durbanville was die senior victrix ludorum.

Die byeenkoms is regstreeks gestroom en 23 000 mense het daarna gekyk.
Die volle uitslae is as volg:
Atletiek
1. Hoërskool Durbanville
2. Fairmonth High School
3. Hoërskool Brackenfell
4. Curro Durbanville
5. The Settlers High School
Geesbeker
1. The Settlers
2. Hoërskool Durbanville
4. Fairmont High School
Flashes
1. Hoërskool Durbanville
2. The Settlers High School
3. Gesamentlik Curro Durbanville en Hoërskool Brackenfell






You must be logged in to post a comment.