Jeandre Gaffoor (20).
Jeandre Gaffoor (20). FOTO: Stellenbosch Football Club

Medelye het ingestroom vir Jeandre Gaffoor (20), ‘n sokkerspeler van Blackheath, nadat Gaffoor die afgelope naweek tydens ‘n staptog verdink het.

Volgens inligting het Gaffoor die afgelope Sondag (1 Februarie) tydens ‘n staptog op die Kromrivier-staproete verdrink.

Hierdie staproete is langs die N1 in die rigting van Worcester geleë, ‘n klipgooi vanaf die Hugenote-tonnel en word deur CapeNature bestuur.

Die Stellenbosch Football Club (FC) het in ‘n verklaring gesê dat Gaffoor aan die begin van die 2024-’25-seisoen by Stellenbosch FC se ontwikkelingsgeledere aangesluit nadat hy van die Cape Town Spurs oorgekom het. Hy het ’n prominente rol gespeel toe die span verlede seisoen as naaswenners in die DStv Diski Challenge geëindig het.

Gaffoor het in Blackheath, in Kaapstad, grootgeword.

“Gaffoor sal onthou word deur sy spanmaats, afrigters en personeel, en sy verlies sal oor die klub en die breër sokker-gemeenskap gevoel word,” lui die verklaring.

Die klub het gevra dat die publiek die privaatheid van Gaffoor se familie respekteer en dat die klub nie enige bykomende kommentaar oor sy dood sal lewer nie.

Paarl Post het na die Wes-Kaapse polisiediens uitgereik vir kommentaar, maar geen terugvoering ontvang nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article