Dis nou al die derde kwartaal.
Onderwysers gee nie die nodige aandag aan sukkelende kinders nie – hulle word gelos of hulle help mekaar. Die toestande in klaskamers is onvanpas.
So vind ouers uit dat nog skoolbehoeftes gekoop moet word, terloops meegedeel, wat vir assessering benodig word. Geen verdere inligting of dit is te laat deurgegee.
‘n E-pos word gestuur om te vra indien daar nie ‘n moontlikheid vir ‘n gratis ekstra klas is vir kinders wat in ‘n sekere vak sukkel nie. Ja, was ‘n antwoord, maar dit was vir ander leerders – nooit regtig ‘n opname gemaak om te sien hoeveel daar wel is en wat wel belangstel nie.
Ouers haal leerders uit die gewone skool en laat hul tuisonderrig. Party kan bekostig, ander doen dit steeds al kan hulle dit nie bekostig nie omdat hulle sien wat by die skole aangaan.
Dis deesdae ‘n gejaag met skoolwerk en kinders wil nie eens sê hulle verstaan nie. Daar word geen huiswerk gegee nie, skolesport en akademiese prestasies kry voorkeur om die skool se naam hoog te hou. Dit is deesdae die hoogtepunt. Selfs prestasies van onderwysers word uitgewys.
So bekommer dié wat gereeld skoolgeld betaal oor wat met hul kind gaan gebeur. Sal hy eendag met dié punte by ‘n hoërskool aanvaar word?
Onderwysers is ook net daar vir bywoning. Ek wonder soms of hulle weet watter graad hul moet klas gee.
Daar word altyd vir ouers gesê: “Ons kom terug na u.” Hoeveel keer het dit wel gebeur binne ‘n week? Ná ‘n maand, kom die verskonings hoekom hulle nie dadelik kon terugkom nie.
Anoniem, E-pos





