Die Beautify Kuils River-projek, wat bestaan uit vrywilligers en ’n paar werkers, het verlede week die ingang by die Laerskool Kalkfontein versier.
Marlene Pienaar, ’n gereelde vrywilliger, sê hulle is baie opgewonde oor dié skool. “Hulle het self ’n groentetuin aangelê vir die skool se voedingskema, waarmee die kinders ook help. Dit is ’n riem onder die hart.”
Enigeen is welkom om te kom hand bysit of die Beautify Kuils River-projek andersins te ondersteun, sê Pienaar. “Ons doen wat ons doen uit liefde vir ons dorp en wil inklusief wees en terugploeg.”





