Die Hoërskool Bellville wys sy ondersteuning deur 'n tikkie geel te dra.
Die Hoërskool Bellville wys sy ondersteuning deur ‘n tikkie geel te dra.

Die Hoërskool Bellville het Vrydag sy ondersteuning gewys deur ‘n tikkie geel te dra vir die hoofmeisie van die Laerskool Panorama, Welgelegen, wat ‘n dapper stryd teen kanker voer. Hulle het ook ‘n flash gedoen wat op hul Facebook-blad geplaas is, waar hulle ‘n geel hartjie vorm om hul ondersteuning te toon.

‘n Back-a-Buddy-geldinsamelingsveldtog is tans aan die gang om geld in te samel vir Chánterie van Rensburg, ‘n gr. 7-leerder. Sy is vroeër vandeesmaand met ‘n seldsame en aggressiewe vorm van kanker gediagnoseer. Die publiek se hulp word gevra om hierdie veldtog te ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article