Sergio Kannemeyer
Sergio Kannemeyer is by die SABBS Internasionale Boerboelskou as die Internasionale Hanteerder van die Jaar aangewys. By hom is Liticia Hunt Kruger, voorsitter van die South African Boerboel Breeders Society. Foto: Liezl Scheepers

Seun is boerboelhanteerder van die jaar by internasionele skou

Sergio Kannemeyer
Sergio Kannemeyer is by die SABBS Internasionale Boerboelskou as die Internasionale Hanteerder van die Jaar aangewys. By hom is Liticia Hunt Kruger, voorsitter van die South African Boerboel Breeders Society. Foto: Liezl Scheepers

Sy liefde vir sy eerste boerboel het daartoe gelei dat ‘n tienerseun van Durbanville nou met die gesogte titel van Internasionale Hanteerder van die Jaar 2026 vereer is.

Sergio Kannemeyer (14) het tydens die 2026 SABBS Internasional Boerboelskou met verskeie uitstekende prestasies beïndruk en is vir sy uitsonderlike vaardigheid en toewyding met dié gesogte titel bekroon.

Sergio, seun van Shaun en Samantha Kannemeyer, is ’n graad 9-leerder aan Curro Durbanville.

Verskeie honde

Sy liefde vir boerboele het begin by die gesin se eerste boerboel, Missy, vertel sy ma.

“Ons was nog altyd ’n hondeliefhebbende familie en het deur die jare verskeie honde gehad. ’n Familievriend het ons in middel 2023 na ’n hondeskou genooi, en van daardie eerste skou af was Sergio heeltemal gefassineer deur die wêreld van hondeskoue,” sê sy.

Sergio het kort daarna met Missy begin oefen en dieselfde jaar nog aan skoue begin deelgeneem.

Wen reeds by eerste skou

“By hul heel eerste skou in November 2023 het hy en Missy reeds verskeie toekennings gewen, danksy Missy se uitstekende gehalte en pragtige voorkoms. “Van daar af het Sergio se passie vir die sport net al hoe groter geword, en hy het aanhou oefen en ervaring opbou,” vertel sy.

Sergio Kannemeyer (naaslinks) is hier saam met onder meer sy gesin.
Hier by die kampioenskap is Sergio Kannemeyer (naaslinks) met (van links) Liticia Hunt Kruger, voorsitter van die SABBS South Africa Boerboel Society, en sy ouers, Shaun en Samantha Kannemeyer.

Volgens haar het die teler by wie hulle Missy gekoop het, ’n ervare hanteerder by die kennel gehad, wat vir Sergio die basiese beginsels van hondeskoue geleer het.

“Hy het vir hom gewys hoe om ’n hond korrek te stack, hoe om die hond in die skouring aan te bied en hoe om die beste uit die hond se beweging en voorkoms te haal. Daarna het Sergio die meeste van sy vaardighede op sy eie verder ontwikkel. Hy het ure lank na opleidingsvideo’s op YouTube gekyk, daagliks geoefen en voortdurend daarna gestreef om homself te verbeter.

Ondersteun

“As gesin het ons hom ook ondersteun met alles wat ons by skoue geleer het, en deur die loop van 2023 het hy die voorreg gehad om talle ervare en vriendelike hanteerders te ontmoet, wat hul kennis en raad met hom gedeel het.

“Hul leiding, saam met sy eie toewyding en daaglikse oefening, het ’n groot rol gespeel in die hanteerder wat hy vandag is,” sê sy.

Prestasies

Die prestasies wat hy nou by die 2026 SABBS Internasionale Boerboelskou op 25 en 26 Junie in Parys in die Vrystaat behaal het, was met Grim Reaper, ‘n Missy se eerste welpie.

“Omdat Grim Reaper, ‘n reun van een jaar en vier maande oud, ’n enkelwelpie was, maak dit sy prestasies nog meer besonders,” sê sy ma.

Sergio het by die skou op 25 Junie ook met twee jong honde gewen. Beide die reun, Genius Guard Tokyo, en teef, Genius Guard Gabb, het die Sub Junior Champion-toekenning ontvang. Die volgende dag het Grim Reaper die toekenning vir Junior Champion, asook Reserved Grand Champion Male gewen.

ALSO READ: Goodwood family’s boerboel soldiers on

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article