Rugbypale


Dis nie aldag dat rugbypale voete kry nie, maar dit is presies wat verlede week by die Hoërskool De Kuilen gebeur het.

Iewers in die nagtelike ure tussen verlede Dinsdag en Woensdag het skelms ’n weg tot op die skool se terrein gevind.

Gabrie Spies, onderwyser by die skool, sê drie pale wat langs die skool se bus-garage gelê het, is gesteel – twee dwarspale en een lang regoppaal.

Die standaardlengte van ’n dwarspaal is 5,6 m.

Spies reken die regoppaal moet minstens ses tot 10 m lank wees.

“Dit sou nie net een ou gewees het wat dit weggedra het nie,” sê Spies.

“Ons het orals gaan kyk by scrap yards, maar kon dit nêrens kry nie.”

As enigiemand iets gesien het of kan help om die pale op te spoor, kontak die skool by 021 903 2151.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article