Altesaam 1077 Mandrax tablette, 50 sakkies tik, ’n 26.5mm-fakkelpistool en ammunisie is in die vermeende dwelmhuis in Sophiastraat in Kalkfontein gevind.

Verskaf

Drie verdagtes is in hegtenis
geneem toe die Kuilsrivier-polisie op Woensdag 8 Mei op ’n vermeende dwelmhuis
in Sophiastraat in Kalkfontein toegeslaan het.

AO Liesel Beukes,
woordvoerder van Kuilsrivier-polisie, sê hul teen-misdaadeenheid was
Woensdagaand omstreeks 19:40 in Kalkfontein toe hulle deur gemeenskapslede
voorgekeer is. Die beamptes is ingelig dat dwelms by ’n huis in Sophiastraat
verpak word.

Beukes sê die beamptes het
die huiseienaar se toestemming gevra om die perseel te deursoek.

Die polisie het op 1 077 Mandrax-tablette, 50 sakkies tik, ’n 26.5 mm- fakkelpistool en ammunisie – waaronder 34 9 mm-patrone en vyf .38-Special-patrone – beslag gelê.
Die geraamde straatwaarde van die  dwelms is R86 160 vir die Mandrax en R1 750 vir die tik, sê Beukes.

Twee mans, onderskeidelik 47
en 42 jaar oud, en ’n 28-jarige vrou is in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes verskyn
vandag (Vrydag 10 Mei) in die Bluedowns-landdroshof op aanklagte wat verband
hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, sowel as die besit
van dwelms.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article