Polisie sien hoe slagoffer boef agternasit na roof in Parow

Foto ter illustrasie

Foto: Unsplash

Lede van die Parow-polisie het onlangs ’n verdagte op heterdaad betrap toe hy ’n niksvermoedende slagoffer van sy besittings beroof het.

Die voorval het in Voortrekkerweg in Parow gebeur, sê kapt. Kevin Williams, polisiewoord­voerder.

“Die klaer is van sy beursie en kontant beroof. Die slagoffer het die verdagte agterna gesit en die polisie het ook die voorval sien afspeel.

“Die polisie het toe ook die verdagte agternagesit, waarna hy aangekeer is. Die verdagte het die slagoffer se eiendom nog in sy besit gehad,” sê Williams.

Die verdagte is 36 jaar oud.

Nog ’n verdagte is onlangs in ’n onverwante voorval in Parow deur die polisie aangekeer.

Hy word van huisbraak en diefstal aangekla.

Die voorval het by ’n woning in Minette-singel in De Tijger in Parow plaasgevind.

Volgens die klaer was al sy deure en vensters gesluit, en die huis se alarm geaktiveer. Die huiseienaar het om 11:36 tuisgekom.

“Die slagoffer het sy kringtelevisie-beeldmateriaal nagegaan en opgemerk hoe die verdagte by sy huis inbreek en ’n duur parfuum-geskenkpak van sowat R1 700 verwyder.

“Die spoedige reaksie van die polisie het daartoe bygedra dat die verdagte (55) in hegtenis geneem is. Hy sal binnekort in die hof verskyn,” sê Williams.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article