‘n Plattekloof-inwoner het Donderag 15 Januarie ‘n reuse-mylpaal – haar 100ste verjaarsdag was gevier.
Yvonne Bredenkamp (100), ‘n ma, ouma en groot-ouma, word deur familielede as “nog aktief en helder van verstand” beskryf. Bredenkamp is ‘n inwoner van die Plattekloof-leefstyl-landgoed.
Loreth Visser, haar dogter, sê die familie het op 10 Januarie reeds haar ma se 100ste verjaarsdag by Klein Joostenberg Bistro in Stellenbosch gevier.
“My ma was vroeg in haar lewe die sekretaresse vir die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en het nog vergaderings met snelskrif genotuleer. Dit is hier waar sy haar man, my pa, James Bredenkamp, ontmoet het. Hy was die voorsitter van die AHI,” onthou Visser.
Sy sê ná haar ouers se troue en die kinders se geboorte was haar ma voltyds huisvrou, aangesien haar pa se werk as besturende direkteur van Santam hom baie laat reis het.
Bredenkamp het vyf kinders, 10 kleinkinders en 16 agterkleinkinders.





