Die laerskoolkore van Durbanville het gisteraand weereens die kalklig gesteel by die eindstryd van die nasionale ATKV Applous-koorkompetisie in Pretoria, met die koor van die Laerskool Durbanvile wat met 93,19% cum laude as algehele wenner in die prestige-afdeling gekroon is.
Die koor van die Laerskool Gene Louw was met 93,05% cum laude kort op hul hakke om die tweede plek in te neem. Laerskool Eversdal se koor was derde met 90,93% en nog ‘n koor van Kaapstad, die koor van die Laerskool Table View, vierde met 90,91%.
Beste uitvoering
Laasgenoemde koor het ook die toekenning ontvang vir beste uitvoering van ‘n Afrika-lied. Die Laerskool Durbanville het die toekenning ontvang vir beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe werk en die Laerskool Eversdal vir die beste uitvoering van ‘n Afrikaanse komposisie.
Die koor van die Laerskool Totius in Bellville was tweede in die meriete-afdeling vir Afrikaanse laerskoolkore met 87,46%.
Luister na een van die wenkoor se uitvoerings





