Pad in Panorama gesluit sodat helikopter kan land

’n Helikopter van Netcare 911 het onlangs in die middel van die straat in Panorama geland om ’n pasiënt te vervoer. Die strate is ook tydelik vir die landing gesluit.


Motoriste in Panorama moes verlede week geduldig wag terwyl ’n helikopter van die nooddienstegroep Netcare 911 in die middel van die straat land om ’n pasiënt te vervoer.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê ’n pasiënt is dié dag van Panorama se mediese sentrum na ’n ander hospitaal vervoer.

“Plaaslike owerhede en private sekerheidsmaatskappye het hulp verleen en paaie gesluit om die helikopter toe te laat om veilig daar te land, aangesien Panorama nie ’n geskikte plek het vir die helikopter om te land nie,” sê Herbst.

Gawie Venter, woordvoerder van District Watch, sê die helikopter het Maandag 31 Oktober by die aansluiting van Rothschild-boulevard en Elvystraat in Panorama geland.

“Die enigste inligting wat ons het, is dat Netcare 911 ons omstreeks 15:20 gekontak het om hulle te help deur die verkeer te stop sodat die helikopter kan land en hulle ’n pasiënt veilig kan oplaai,” sê Venter.

Die Plattekloof, Welgelegen, Panorama en Kleinbosch-buurtwag (PWP) het ook gehelp deur inwoners en motoriste in kennis te stel dat dit ’n mediese noodgeval is, en dat die straat vir ’n wyle gesluit sal wees, sê Paul Kruger, PWP-lid.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article