Ek wens ouers (ja, klem op ouers) wil leer bestuur.
Dit voel deesdae asof ek die meeste padvarke rondom skole teëkom. Ouers wat nie weet kinders te voet kry voorkeur by ‘n zebrastreep nie.
Nog minder weet hulle om nie op die zebrastreep, of die zigzag-strepe voor en ná dié padkruising vir voetgangers, te parkeer nie. En ‘n toegeeteken … mense, dit beteken nie sit voet in die hoek nie!
Hulle parkeer op rooi lyne, en huise rondom die skool se opritte. Die lys gaan aan. Het die samelewing regtig só ongeduldig en selfsugtig geraak?
Herhaalde versoeke van die skool en dreigemente om die verkeersdepartement in te roep, help ook niks.
Esther, Durbanville





