Die nie-regeringsorganisasie Jaycee’s Foundation het vir homself ’n teiken gestel om 2 000 Love Jars te vul om honger mae hierdie winter te vul.
Leonora Fransman en haar dogter het tydens die Covid-pandemie dié organisasie gestig nadat iemand hulle genader het om vir ’n gesin kos te maak.
“Toe ek uit daardie huis kom, kyk ek so oor na die park aan die oorkant en ek sien ’n klomp kindertjies wat speel. Almal was verslete en ek kon die honger op hul gesigte sien. Die volgende dag het ek en my dogter ’n groot pot sop gemaak en daar gaan uitdeel. Op die eerste dag het meer as 35 mense opgedaag. Elke dag wat ons daar was, het nog meer mense opgedaag,” sê Fransman.
Registreer
In Januarie 2021 het hulle die stigting geregistreer.
sê Fransman.
Volgens Fransman raak dit in die winter baie moeilik om kos in die gemeenskappe uit te deel omdat mense dan in die reën moet staan, dus het hulle besluit om met die Love Jars te begin.
“In ’n glashouer gooi ons twee koppies sopmengsel, twee koppies ertjies, twee koppies lensies, soppoeier en vleisaftreksel.
“Hierdie houer kan gekook word en aan vier mense kos voorsien. Ons teiken is om vanjaar 2 000 houers in te samel,” sê sy.
Ander aktiwiteite van die stigting sluit in om klere en sanitêre doekies in te samel.
- Bel Leonora Fransman by 072 611 1290 vir meer inligting oor hoe om die stigting te help met houers of om skenkings te maak





