Die Kaapse skole is oorvol.

Talle ouers verkeer onder geweldige druk omdat hul kinders wat volgende jaar graad 1 of graad 8 toe gaan, nog nie ’n plekkie in ’n skool gevind het nie – persoonlik weet ek van twee.

In dieselfde asem besluit die onderwysdepartement om 2 500 poste te sny weens begrotingsbesnoeiings. Daar gaan dus nou nie net meer te min klaskamers wees nie, maar ook te min onnies om ons kinders te leer.

Onderwys is die bousteen van die samelewing. Dit is ’n reg, ’n wetlike vereiste. Dit kweek môre se leiers.

Sekerlik kan daar elders gesnoei word. Ons behoort meer in te pomp om gehalte-onderwys vir elke kind in ons land te verseker.


EstherDurbanville

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article