Hanro van Aarde het die reuse brandweerhelm aangepas.

The Oak Tree-speelskool het onlangs die Durbanville-brandweerstasie besoek onder leiding van hul onderwyser, Joanna van der Westhuizen.

“Beide kleuters en ouers het dit terdeë geniet. Daar was vele hoogtepunte – onder meer om die groot, rooi brandweerwa te besigtig en self water te spuit met die brandslange,” sê Van der Westhuizen.

“Ons opregte dank en waardering aan die personeel van die Durbanville-brandweer vir die wonderlike diens wat hulle aan ons gemeenskap lewer,” sê sy.

Hanro van Aarde het die reuse-brandweerhelm aangepas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article