Mize Lategan en Jana Bergh luister aandagtig na Arné Soderlund, vrywilligertoergids, se verduideliking van alles en nog wat oor die duikboot.
Mize Lategan en Jana Bergh luister aandagtig na Arné Soderlund, vrywilligertoergids, se verduideliking van alles en nog wat oor die duikboot.

Die Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub het Saterdag (2 Augustus) weer met ‘n tweede groep ‘n draai gemaak in Simonstad.

Die eerste besoek was die vorige naweek. Op die program was ‘n baie interessante besoek aan die SAS Assegaai-duikbootmuseum, asook die fassinerende Simonstad-speelgoedmuseum.

Hulle het ook ingeloer by ‘n klein Indiese restaurant voordat die span ‘n paar van die stalletjies daar ondersteun het.

Die groep buite die duikboot nadat hulle regdeur, van voor na agter, geneem is.
Van links is Luke Smit, Mize Lategan, Jana Bergh en Zoe Brink saam met Arné Soderlund, binne-in die duikboot.
Die groepie Groentjies voor die SAS Assegaai na afloop van die toer deur die duikboot.
Die groepie Groentjies voor een van die mooi muurskilderye van ‘n duikboot na afloop van die toer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article