Nooddienswerkers het die afgelope naweek op twee afsonderlike padongelukke reageer – een in Monte Vista en nog een in Panorama.
Die jongste voorval – waarby twee voertuie betrokke was – was Saterdag (6 September) in Monte Vista-boulevard, Monte Vista.

District Watch, ´n private veiligheidsmaatskappy wat om 08:53 oor die botsing in kennis gestel is, skryf op hul sosialemediablad dat albei die bestuurders mediese aandag nodig gehad het en dat paramedici ontbied is. Die ambulansdiens SecureMed het ook by die toneel opgedaag en die pasiënte bygestaan. Die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste het ook by die nooddienste aangesluit.
District Watch se beamptes het ook gehelp om die verkeer te reguleer.

In die tweede voorval op Vrydag 5 September omstreeks 18:00 is ´n bestuurder van ´n afleweringsmotorfiets beseer toe sy motorfiets teen ´n motorvoertuig gebots het. Die botsing het op die hoeke van Giel Basson- en Uys Krige-rylaan in Panorama gebeur.
Volgens Distrct Watch het paramedici die pasiënt behandel, waarna hy na´n hospitaal vervoer is.







You must be logged in to post a comment.