Die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens het Woensdag (21 Augustus) ‘n motorvoertuig, wat op die besige Vryburger-rylaan in Bothasig aan die brand geslaan het, geblus. Die brandende voertuig is om 08:06 by hulle aangemeld.
Quinton Leon, woordvoerder, sê brandweerspanne van die Milnerton-brandweerstasie is uit na die toneel. “Die brand is om 08:34 geblus en geen beserings is aangemeld nie,” sê hy.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
District Watch, ‘n privaat-sekerheidsmaatskappy, het ook die toneel bygewoon. Die Stad se verkeersdiens, insleepdienste en ander sekerheidsbeamptes was ook op die toneel.
“Die brandweer was in staat om die brand suksesvol te blus en die insleepdiens het die motor verwyder. Genadiglik is niemand beseer nie,” het District Watch op hul sosiale mediablad gesê.





