Wat ruik soos vis? Dit was lede van die Stad Kaapstad se wetstoepassers gewonder het toe hulle vroeër vandeesweek by ‘n man in Bishop Lavis se huis toegeslaan het.

Toe die Stad se See- en Omgewingseenheid se lede sien ‘n man tree senuweeagtig op terwyl hulle op patrollie is, het hulle hom genader. Volgens Wayne Dyason, die wetstoepassers se woordvoerder, het hulle die man gevra of hulle die perseel kan betree waarheen hy op pad was. “Hy het die wetstoepassers binne begelei. Dit is toe dat die wetstoepassers ‘n ‘visreuk’ kry. Hulle vra toe die man of hy vis verkoop, maar hy het dit ontken. Met nadere ondersoek het hulle yskaste en ‘n kamer vol blou sakke gevind met 3 162 krewe daarin,” sê Dyason.

In hegtenis

Die verdagte is in hegtenis in geneem en die krewe is gekonfiskeer.

Intussen het die departement bosbou, vissery en die omgewing bevestig dat rooigety aan die Weskus gelei het dat ‘n groot hoeveelheid seelewe uit die see “gestap” en gesterf het, veral krewe. “Die publiek word gewaarsku dat krewe wat op die strand uitstap nie veilig is vir menslike gebruik nie. Die publiek word daarop gewys om nie krewe op te tel, te eet of te verkoop nie,” lui die verklaring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article