Bianca Ofon (14) van Parow-Vallei.

Byna meer as ‘n jaar nadat ‘n tienermeisie van Parow spoorloos verdwyn het, is daar steeds geen teken van haar nie.

In Julie verlede jaar het die Wes-Kaapse polisie ‘n verklaring uitgereik waarin inligting oor die vermiste 14-jarige Bianca Ofon verskaf is. Daarin is genoem dat sy reeds op 27 Desember 2023 laas by haar huis in Parow-Vallei gesien is. Sy het die huis verlaat en nie weer teruggekeer nie.

In die verklaring is ook genoem dat sy haar woning verlaat het sonder om enigiemand daarvan in kennis te stel.

Bianca is 1,6 meter lank, weeg 50kg en is vlot in beide Engels en Afrikaans.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortreding in Bellville ondersoek haar verdwyning. Verlede week het die provinsiale polisie se Anelisiwe Manyana bevestig dat Ofon steeds vermis word.

Die Parow-polisie soek tans ook na die 20-jarige Jane Hunzwi van Duffstraat, Parow-Vallei. Sy is laas op Donderdag 29 Mei by haar ouma se huis gesien.

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het sy ook die huis verlaat sonder om haar ouma daarvan in kennis te stel.

Sy was geklee in ‘n blou denimbroek, swart trui en veelkleurige drafskoene met ‘n swart leer-rugsak. Volgens haar ouma ly sy aan ‘n mediese toestand waarvoor sy behandeling ontvang, sê Swartbooi.

Enigiemand met inligting oor die verdwyning van Bianca kan die ondersoekbeampte, speur-konst. Lorenzo Jeftha, by 021 590 1001; 021 590 1019 of 082 522 1095 kontak met inligting oor Jane, speur-sers. Thembisa Mkhafu, by 082 469 8184 of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article