Die Hoërskool D.F. Malan se top-tien matriekpresteerders vir 2021 is (van links) Danielle Swanepoel, Ben Roelofse, Mienke Theunissen, Isabella van Wyk, Renke Lorio, Lana Janson, Gabi dos Santos, Arnold Hattingh, Marlize Marais en Renska Krynauw. Renke Lorio is die toppresteerder.


Vreugdevure het verlede week hoog gebrand nadat die matriekuitslae vir 2021 Vrydag bekend gemaak is.

Altesaam 897 163 leerlinge landswyd het in November die eksamen geskryf, van wie 73 966 leerders in die Wes-Kaap agter die boeke ingeskuif het. Vanjaar het 36,4% van alle leerders met Baccalaureustoelating geslaag (256 031 matrieks). Matrieks het ook altesaam 211 725 onderskeidings behaal.

In Bellville en Stellenberg het skole uitsonderlik presteer.

Hoërskool Bellville

  • 100% matriekslaagsyfer (vir negende agtereenvolgende jaar);
  • 100% van die leerders slaag met toelating tot tersiêre studies;
  • 96,51% slaag met Baccalaureustoelating;
  • Graadgemiddelde is 70,1%;
  • 467 individuele vak A’s (2,32 onderskeidings per kandidaat);
  • 455 individuele vak B’s (2,26 onderskeidings per kandidaat);
  • Die toppresteerder is Karlo Grobbelaar.
Hoërskool Stellenberg
  • 100% matriekslaagsyfer; 
  • 99,9 van die leerders slaag met toelating tot tersiêre studies;
  • 89% slaag met Baccalaureustoelating; 
  • 64 A-gemiddeldes; 
  • 72 B-gemiddeldes; 
  • 589 individuele vak A’s; 
  • 482 individuele vak B’s;
  • Toppresteerder is Simoné Wessels, wat ook as die naasbeste topmatriekpresteerder in die land aangewys is.
Hoërskool D.F. Malan
  • 100% slaagsyfer;
  • 92,44% slaag met Baccalaureustoelating;
  • Aantal A-simbole: 580 A’s (2,6 A’s per kandidaat)
  • Vier leerders met 9 A’s, elf leerders met 8 A’s; 17 leerders met 7 A’s, 7 leerders met 6A’s; 19 leerders met 5 A’s;
  • Aantal kandidate wat met A-gemiddelde slaag: 62;
  • Aantal kandidate wat met B-gemiddelde slaag: 64;
  • 55,6% van die kandidate het ’n gemiddelde van bo 70%;
  • 71,8% van kandidate het ’n gemiddelde bo 70%; gemiddelde van groep: 71,8%;
  • Die toppresteerder is Renke Lorio.
The Settlers High School
  • 97,7% slaagsyfer
  • 83,8% slaag met Baccalaureustoelating
  • Aantal kandidate wat met A-gemiddelde slaag: 21 (uit 260 leerders);
  • kandidate wat met B-gemiddelde slaag: 64;
  • 365 individuele vak A’s;
  • 453 individuele vak B’s;
  • 68% van leerlinge behaal gemiddeld hoër as ’n C;
  • Die toppresteerder is Pumulo Mambwe.

Leerlinge aan die Hoërskool Stellenberg is met ’n erewag verwelkom toe hulle hul matriekuitslae van 2021 gaan haal het.FOTO: Nielen de klerk

Leerders ontvang hul punte by Settlers High School.

Die Hoërskool Bellville se toppresteerders. Die dux-leerling is Karlo Grobbelaar.

Die Hoërskool D.F. Malan se top-tien matriekpresteerders vir 2021 is (van links) Danielle Swanepoel, Ben Roelofse, Mienke Theunissen, Isabella van Wyk, Renke Lorio, Lana Janson, Gabi dos Santos, Arnold Hattingh, Marlize Marais en Renska Krynauw. Renke Lorio is die toppresteerder.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article