Die familie van ń man van Belhar is rasend van bekommernis nadat hy gister van die huis af weg is en nog nie weer gesien is nie.
Die 63-jarige Yaseen Josephs is volgens sy suster, Melanie Fredericks, onlangs met demensie gediagnoseer. “Hy het nog nooit voorheen verdwyn nie, maar is gister omstreeks 14:15 van sy huis in 14 Nevarra-singel weg en het is nie weer gesien nie. Volgens sy vrou, Gadija, sou hy het net winkel toe, maar daar is later uitgevind dat hy by die St. Vincent-kliniek medisyne gekry het. Dit was die laaste sien van hom,” sê Fredericks.
Josephs was volgens sy suster voorheen as Lester Courtney Douglas Josephs bekend, voor hy die Moslem-geloof aangeneem het. “Ons het hom as vermis by die polisie aangemeld, maar wag nog vir die speurders om ons te besoek. Intussen is ons rasend van bekommernis en doen ‘n beroep op enigiemand wat hom êrens gesien het om ons dringend te kontak. Ons hoop hy is veilig waar hy om ook al bevind,” sê sy.
Josephs, wat op 10 September 64 word, het tydens sy verdwyning ‘n vaal top, ‘n blou denimbroek en swart tekkies aangehad.
Persone met inligting oor waar Josephs is kan Fredericks by 078 911 1973 bel.





