Die polisie ondersoek die moord van ´n man wat Maandag (7 Oktober) in Monte Vista verskeie kere raakgeskiet is.
Volgens AO Joseph Swartbooi, provinsiale polisiewoordvoerder, het die verdagtes, wat onbekend is, van die toneel gevlug en is niemand nog tot dusver in hegtenis geneem nie. “Die motief vir die aanval word nog ondersoek,” sê Swartbooi.
Hy sê beamptes van die Goodwood-polisie het Maandag op ´n klagte gereageer en het met hul aankoms op die toneel in Monte Vista-boulevard om 21:45 op die lyk van ´n onbekende man afgekom. Die man het veelvoudige skietwonde opgedoen. “Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar,” sê Swartbooi.
- Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om hul Stopmisdaad-nommer, 08600 10111, te skakel.





