’n Man (58) wat verbind word met ’n dwelmvonds van sowat R40 000, is verlede week in die Bottelary- landelike gebied weens dwelmhandel in hegtenis geneem.
Hy was ook in besit van Sassa-kaarte, wat nie aan hom behoort nie.
Die Brackenfell-polisie het die beplande optrede op 27 September uitgevoer nadat inligting van die publiek oor dwelmhandel op die perseel ontvang is.
“’n Polisie-agent, wat polisienote gebruik, is ingestuur om die dwelmhandel te bevestig, terwyl polisiebeamptes naby gestaan het om die man vas te trek,” sê ’n woordvoerder van die Brackenfell-polisie.
Die polisie het op dagga, Mandrax en tik met ’n straatwaarde van R40 000 beslag gelê.
Die man het die volgende dag sy eerste verskyning in die Kuilsrivier-landdroshof op verskeie aanklagte gemaak.





