’n Man is ernstig beseer nadat sy voertuig Dinsdagaand by die R300/N1-afrit na Paarl afgerol het.
Die ongeluk het ongeveer 21:00 plaasgevind.
Volgens beskikbare inligting het sy voertuig weens onbekende redes op die draai aan die linkerkant van die afrit die pad verlaat en verskeie kere by die wal afgerol.
Volgens ’n plaaslike paramedikus was die man vasgepen in sy voertuig en is deur provinsiale reddingsdienste uit die voertuig bevry.
Hy is in ’n ernstige toestand na Tygerberg-hospitaal vervoer.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir bystand en verdere ondersoek.





