Man en vrou meters van hof in Bellville in hegtenis geneem

Ter illustrasie. Foto: Argief


Nie eens die nabygeleë polisiekantoor en hof was genoeg van ‘n afskrikmiddel vir’ n paartjie wat Dinsdag met ‘n vuurwapen en dwelms gevang is nie.

Volgens AO Joseph Swartbooi, provinsiale polisiewoordvoerder, het polisielede Dinsdag, 11 Julie, ‘n klagte oor die paartjie by die Bellville-landdroshof gekry.

Die Bellville-polisiekantoor in Voortrekkerweg se ingang is minder as 200m van die landdroshof in Landdrosstraat af.

Die polisie het die paartjie vinnig in die straat gewaar en deursoek.

“Die polisielede het ‘n 9mm pistool gevind en afgevat, asook ammunisie en dwelms.”

Die twee is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van die besit van dwelms, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article