Die Dierebeskermingsvereniging (DBV), ’n nie-regeringsorganisasie, het pas aangedui dat ’n veroordeelde diere-mishandelaar onbevoeg verklaar is om ’n dier te besit óf te hanteer.
Dit volg nadat Johannes Schlechter in Wellingtonweg, Durbanville, in September verlede jaar sy mopshond (pug) geskop en gesleep het.
Die voorval het voor die Agrimark in Durbanville plaasgevind.
Die DBV het verlede week in ’n verklaring gesê ’n landdros het op 16 Maart ten gunste van die nie-regeringsorganisasie beslis.
Die 74-jarige Schlechter, ’n inwoner van Oostersee in Parow, is skuldig bevind aan strafregtelike klagte wat verband hou met die oortreding van die dierebeskermingswet en is onbevoeg verklaar om enige dier vir ’n tydperk van drie jaar te besit of te hanteer.
“Hy is ook toesig oor drie honde, wat die DBV weggeneem het, geweier,” lui die verklaring.
Die mopshond genaamd Buddy is in Durbanville geslaan en geskop en is sedertdien in die sorg van die DBV.
Buddy en nog twee honde ontvang tans sorg wat na raming R80 000 kos vir mediese behandeling en huisvesting, sê die organisasie.
Buddy is beskikbaar vir aanneming.
Schlechter is ’n boete van R6 000 of 12 maande gevangenisstraf oopgelê, wat in geheel vir ’n periode van vyf jaar opgeskort is.





