Die lyk van ‘n onbekende man is Woensdag by ‘n openbare park in Bothasig gekry. Foto: Mario Borchards


Die lyk van ‘n onbekende man is gister (Woensdag, 28
Augustus) by ‘n openbare park in Bothasig gekry. Die park is geleë reg langs
die Bothasig-biblioteek.

Anelisiwe Manyana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het aan
TygerBurger bevestig dat die Bothasig-polisie ‘n geregtelike doodsondersoek
geregistreer het nadat die lyk van ‘n man die betrokke dag in Vryburger-rylaan
in Bothasig, reg langs die biblioteek, ontdek is.

Manyana sê polisiebeamptes wat aan diens was het die klagte
van ‘n lyk, wat by die spesifieke adres gevind is, bygewoon.

“Met hul aankoms het hulle op die lyk van ‘n onbekende
man wat op die gras gelê het afgekom.”

Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood
verklaar, se Manyana.

” ‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die
oorsaak van sy dood te bepaal,” sê Manyana

Enigiemand met inligting rondom die voorval word versoek om
die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article