Die Hoërskool Stellenberg mag dalk koning gekraai het by vanjaar se MTBS-atletiekbyeenkoms, maar die Hoërskool DF Malan het met die louere weggestap vir die beste gees! Foto: Carina Roux
Die Hoërskool Stellenberg mag dalk koning gekraai het by vanjaar se MTBS-atletiekbyeenkoms, maar die Hoërskool DF Malan het met die louere weggestap vir die beste gees! Foto: Carina Roux

Die 2025 MTBS-atletiekbyeenkoms, ´n hoogtepunt op die sportkalander, het vanjaar, soos vantevore, vir ´n reeks nuwe rekords gesorg.

Die kompetisie is op Saterdag 8 Februarie by die Groenpunt-stadion gehou, voorafgegaan deur die feestelike flashes by die DHL-stadion.

Atlete van die Hoërskool DF Malan, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg het mekaar die stryd aangesê.

Stellenberg se seuns en meisies het met die wen-trofee weggestap.

Die MTBS is tans in sy 31ste bestaansjaar.

KLIEK HIER OM DIE PDF-KOERANT AF TE LAAI

HOËRSKOOL STELLENBERG

Kliek hier om na Stellenberg se flashes te kyk.

diskusgooier
Juvan Burden (Stellenberg) diskus seuns o.17. Foto’s: Carina Roux Credit: Carina Roux
spiesgooi
Spiesgooi seuns o.15: Francois du Toit (Stellenberg) wen met afstand van 43,29m. Credit: Carina Roux
Hoogspring
Hoogspring seuns o.19: Logan Tredoux (Stellenberg) derde 1,70m. Credit: Carina Roux

HOËRSKOOL TYGERBERG

Kliek hier om na Tygerberg se flashes te kyk.

Ameer Smith (Tygerberg) wen die 400m seuns o.19. Foto’s: Carina Roux Credit: Carina Roux
Tamryn Booysen (Tygerberg) wen die 200m meisies o.17. Credit: Carina Roux
Chisom Udenze (Tygerberg) was tweede in die 200m meisies o.19 Credit: Carina Roux
Enock Ngoie (Tygerberg) in aksie in die diskus seuns o.15 (4de) Credit: Carina Roux
Jose Josephs (Tygerberg) in aksie in die diskus seuns o.15 (5de) Credit: Carina Roux

HOËRSKOOL BELLVILLE

KLiek hier om na Bellville se flashes te kyk.

Corrie Joubert (Bellville) was tweede in die hoogspring seuns o.17 met 1,75m. Foto’s: Carina Roux Credit: Carina Roux
Tyrell van Niekerk (Bellville) wen die 100m hekkies seuns o.14. Credit: Carina Roux
100m hekkies meisies o.17 Danielle Schultz (Bellville). Credit: Carina Roux
Cloe Marthinus (Bellville) wen die 800m vir meisies o.17. Shunay McCarthy (Tygerberg) was tweede. Credit: Carina Roux
Abiah Louw (Bellville) wen die meisies o.17 hoogspring met ‘n hoogte van 1,48m. Credit: Carina Roux

HOËRSKOOL DF MALAN

KLiek hier om na DF Malan se flashes te kyk.

Juan le Roux (DF Malan) diskus seuns o.17. Foto’s: Carina Roux Credit: Carina Roux
Stephanie Minnaar (DF Malan) wen die 400m meisies o.17. Credit: Carina Roux
Juan Burger (DF) was tweede in die spiesgooi seuns o.15. Credit: Carina Roux
Lienke Visser (DF) was tweede met ‘n hoogte van 1,40m in die hoogspring meisies o.14. Credit: Carina Roux
Eben Smit (DF Malan) wen die 110m hekkies seuns o.17. Credit: Carina Roux

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article