Mark Jeneker is hier by van die leerders wat gehelp het met die skep van die beeldhouwerk.


’n Kunsonderwyser van Mitchells Plain doen ’n beroep op skole om kuns te gebruik as ’n manier om skoner omgewings te skep.

Mark Jeneker, ’n bekroonde kunsonderwyser wat tans by die Laerskool Portland gestasioneer is, het onlangs ’n olifantbeeldhouwerk met die hulp van leerders van gr. 3 tot 7 voltooi.

“Die leerders het al die skyfiespakkies en ander plastiek van die skoolterrein opgetel en toe al die 2l-bottels daarmee gevul,” sê Jeneker.

“Hierdie projek het eers sowat twee jaar gelede in my gedagte gekom, en toe het ek dit vir ’n jaar gelos aangesien ons altyd besig is met ander kunsprojekte. Toe begin ons ’n paar maande gelede weer versamel en neem ons dit ernstiger op om dit te voltooi.”

Vir die beeldhouwerk is duisende stukke plastiek-skyfiepakkies en ander rommel gebruik.

Die olifantbeeldhouwerk sal in die skooltuin vertoon word.

Die beeldhouwerk is ongeveer 1,2 m hoog en 1,5 m lank en is gemaak met herwonne plastiekbottels en ander rommel. Dit is met draad aan mekaar gebind. Vir nou sal dit in die skooltuin vertoon word.

“Dit is ’n boodskap wat ek na alle skole wil stuur – om dieselfde te doen en na ons omgewing om te sien. Jy kan die aarde skoon hou en terselfdertyd pret hê, wat mooi herwonne kunsstukke skep,” sê Jeneker.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article