Water op die vloer van die kliniek.


Die plafon van die Elsiesrivier-gemeenskapsgesondheidsentrum (daghospitaal) se afdeling vir buitepasiënte het ineengestort weens die swaar reën en is vir die dag gesluit.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het bevestig dat die afdeling en spreekkamers oorstroom het ná die plafon ineen gestort het. “Om die veiligheid van die personeel en pasiënte te verseker is alle aktiwiteite vir die dag opgeskort. Ons spanne is besig om die skade te evalueer en te herstel. Ons vra om verskoning vir die ongerief en sal met pasiënte in verbinding tree om hul afsprake te herskeduleer,” sê Monique Johnstone, woordvoerder vir die department.

LEES: Storms woed in die Wes-Kaap: Duisende dakloos en skole beskadig

Ander dienste soos trauma-en noodbehandeling, kraam-en apteekdienste gaan soos gewoonlik voort.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article