Die Hoërskool DF Malan het op Saterdag 10 Februarie gewys wat dit beteken om sonder limiete te lewe toe hulle die pawiljoenbeker (“flashes”) vir 2024 gewen het. Hul tema was “No Limits”. Foto: Cecilia Hume


Die Hoërskool DF Malan ken “geen perke” wanneer dit kom by pawiljoenvertonings nie, en vanjaar se MTBS was geen uitsondering nie. Nie net het hulle die skare in verwondering gehad met hul vertoning nie, maar het ook met die louere as wenner van MTBS 2024 se pawiljoenvertoning weggestap. TygerBurger se Nielen de Klerk het met dié skool gesels oor hul voorbereiding vir MTBS 2024. 

Hoërskool DF Malan Pawiljoenvertoning

TEMA: No Limits

PAWILJOENAFRIGTER: Johann de Wet

SEDERT WANNEER IN DIÉ ROLE:: In 2013 betrokke geraak, sedert 2015 die hoofpawiljoenafrigter en vanjaar was sy laaste een.

HULPPERSONEEL/GEESKOMITEE: Johann de Wet, Jo-Mi Muller-Badenhorst, Erin Vercellotti, Sam Prinsloo, Magdel van der Schyff, Keane Desfountain (uitrustings) en Anda Aventant (uitrustings).

DIRIGENTE: Ethan van Jaarsveld (hoof), Leah Coetzee (hoof), Lucia Dixon, Leohen van der Merwe, Trish Visser, Chris Conradie, Ané Theron en Siegfried Visser

TROMSPELERS: Eben Olivier (hoof), Danielle de Villiers en Eileen Vermeulen

Hoe het julle op die tema besluit?

Ons (by DF) wil bitter graag die beginsel volg dat ons geen tema sal herhaal wat al voorheen gedoen is nie. Daar is vier skole wat elke jaar temas doen, so die aantal temas is enorm. En natuurlik het hulle al die lekkerstes gedoen. Ons hou van die feit dat ons oorspronklik wil wees elke jaar. Daai is ’n tameletjie. Jy moet maar kyk vir ’n tema waar jy ’n geleentheid het om pret te hê met die stunts wat ons gedoen het, musiek of liedjies wat jy kies wat exciting is en wat lekker in mekaar kan vloei en mekaar komplementeer. is Dit is nogal ’n proses ’n tameletjie, maar ons het toe besluit ons gaan vir hierdie een en ek is baie bly ons het. Die kinders het dit verskriklik geniet.

Wanneer het julle vanjaar se flashes begin beplan?

Die hele produksie doen ons saam met die dirigente en die drummers. Ek dink dit is verskriklik belangrik dat hulle deel van die proses is. Die enigste tyd wat ons hierdie kinders 100% tot ons beskikking het, is ná die Junie-eksamen. So ons werk hierdie uit in die eerste twee weke van Desember. Dis ’n voltydse ding. So ons het basies die volle dae van die eerste twee weke en werk ons hierdie storie uit, dan bedoel ek al die flashes, al die liedjies, al die drum beats.

Die dirigente van die Hoërskool DF Malan juig Sate

Die dirigente van die Hoërskool DF Malan juig Saterdag nadat hulle die beker vir die beste pawiljoenvertoning by die jaarlikse MTBS-byeenkoms gewen het. Die atletiekbyeenkoms, tussen hoërskole DF Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg, se gewilde pawiljoenvertonings is Saterdag 10 Februarie in die DHL Kaapstadstadion aangebied. Die atletiekbyeenkoms, wat deur die Hoërskool Stellenberg gewen is, het Maandag by die Parow-atletiekbaan plaasgevind. FOTO: Cecilia Hume
Die Hoërskool DF Malan het op Saterdag 10 Februari

Die Hoërskool DF Malan het op Saterdag 10 Februarie gewys wat dit beteken om sonder limiete te lewe toe hulle die paviljoenbeker (“flashes”) vir 2024 gewen het. Hul tema was “No Limits”. Foto: Cecilia Hume
DF Malan se dirigente gaan haal saam die beker nad

DF Malan se dirigente gaan haal saam die beker nadat hulle as die wenners van die pawiljoenvertoning aangekondig is. FOTO: Cecilia Hume
Ongeveer 60 dirigente sedert 2013 (toe afrigter Jo

Ongeveer 60 dirigente sedert 2013 (toe afrigter Johann de Wet by MTBS betrokke geraak het) het die oorwinning saam gevier. Vanjaar is De Wet (voor, tweede van links) se laaste jaar. FOTO: Cecilia Hume
Die Hoërskool DF Malan het op Saterdag 10 Februari

Die Hoërskool DF Malan het op Saterdag 10 Februarie gewys wat dit beteken om sonder limiete te lewe toe hulle die pawiljoenbeker (“flashes”) vir 2024 gewen het. Hul tema was “No Limits”. Foto: Cecilia Hume

Hoe lank oefen die kinders al?

Die aanleer vir die 660 kinders wat deelneem: ons het in effek drie weke se oggende aan die begin van elke skooldag. So dis 15 oefeninge.

Kan jy skat hoeveel ure die kinders al hieraan bestee het? En die res van die geesspan?

Sjoe, dis moeilik om te sê, want buiten die tyd wat ek nou vir jou gesê het, is daar natuurlik baie ure se addisionele voorbereiding en goed uitwerk, dinge verander en aanpassings maak. Ek was nog altyd te bang om daai uit te werk. Ek dink dit is baie ure.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article