Tayrin Jacobs wat die 1500m stap vir o.13 seuns gewen het en hy is ook as die o.13-atleet van die dag aangewys.
Tayrin Jacobs wat die 1500m stap vir o.13 seuns gewen het en hy is ook as die o.13-atleet van die dag aangewys.

Watsonia Primere Skool in Scottsdene word die naweek (Vrydag 20 en Saterdag 21 Maart) deur drie atlete by SA Atletliekbyeenkoms verteenwoordig nadat hulle medaljes ingepalm het by die Wes-Kaapse Atletiekbyeenkoms by die Coetzenburg-stadion in Stellenbosch.

Die drie is Tayrin Jacobs, Chin-Lee Jacobs en Karishma Steenkamp. “Ons atletiekseisoen het begin met 65 atlete en hiervan het 35 deurgedring na die Kraaifontein-kampioenskappe. 18 het na die Metro-Oos-kampioenskappe deurgedring en uit die 18 het agt atlete WP-kampioene geword. Die skool is trots op almal wat in elke kampioenskappe presteer het, maar ekstra-trots op die Wes-Kaapse atlete wat na die SA byeenkoms gaan,” se Henry Adams, atletiekafrigter by die skool.

Die agt wat die skool by die Wes-Kaapse byeenkoms verteenwoordig het, was Ciska Jacobs, Napo Green, Robyn Lakay, Leighton Rhodes, Chin-Lee Jacobs, Tayrin Jacobs, Karishma Steenkamp en Georgia Sijaji.

“Ons is baie trots aan die drie atlete wat presteer het en nou die Wes-Kaapse span by die SAs gaan verteenwoordig en hulle is: Chin-Lee Jacobs eerste in 200m vir meisies o.13, Tayrin Jacobs eerste in die 1500m stap vir seuns o.13 en Karishma Steenkamp tweed in die 1500m stap vir meisies. ‘n Spesiale gelukwensing gaan ook aan Tayrin Jacobs, wat die beker vir die beste seuns o.13 atleet van die dag ontvang het. Namens die skool wil ons al ons atlete gelukwens vir hul harde werk, deursettingsvermoe en spantrots, want hulle maak ons skool ongelooflik trots,” se Adams.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article