Die Kanonkop-Voortrekkers in Brackenfell vier vanjaar ‘n historiese mylpaal van vyf dekades se diens, kultuur en gemeenskapsbou, en die kommando het ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om te help om oudlede op te spoor vir dié groot feesvieringe op 14 November.
“Oor die afgelope 50 jaar het verskeie geslagte kinders en volwassenes deur Kanonkop se geledere beweeg. Baie van die vroeëre jeuglede is vandag self ouers of grootouers, wat die waardes van die organisasie aan nuwe geslagte oordra,” sê Hestie Erasmus, ‘n woordvoerder vir die Kanonkop Voortrekkers.
Ons wil graag oudlede, voormalige offisiere en ander wat deur die jare deel van ons kommando was, herenig.
“Die vyftigste bestaansjaar gaan dus oor veel meer as net die herdenking van ‘n organisasie. Dit is ‘n viering van die mense, vriendskappe en kosbare herinneringe, wat oor die jare deel van Kanonkop se geskiedenis geword het. Ons wil graag oudlede, voormalige offisiere en ander wat deur die jare deel van ons kommando was, herenig.”
Die kommando poog om soveel oudlede moontlik, voormalige offisiere en almal wat deur die jare lid was van die kommando, vir die groot geleentheid te herenig.
. Enigiemand wat voorheen deel van Kanonkop was kan hulle kontak by kanonkop@voortrekkers.co.za.
LEES OOK: FAK vereer Eugène Marais se nalatenskap met vertoning van Die Wonderwerker



