Die Kaapstad-operakoor het waarskynlik Saterdag (12 Julie) ‘n hele paar nuwe aanhangers gewerf met sy gratis vertoning in die Sarepta-gemeenskapsaal.
Die saal was wel nie volgepak nie, maar diegene wat van naby en ver gekom het om te kom luister, was beslis nie spyt nie. In die gehoor was daar jeugdiges en mense met baie lewenservaring – sommiges familie van mekaar.

Gesinne en vriende het die kans benut om deur die wonder van musiek en besonderse stemme weggevoer te word.
Die konsert is deel van “Opera in Your Neighbourhood”, ‘n inisiatief om operamusiek meer toeganklik te maak en nuwe gehore te kweek.
Die gratis konserte in gemeenskappe word deur die Stad Kaapstad en die Judith Neilson-stigting geborg.
Die koor het ‘n mengsel van komtemporêre werke, tradisionele liedere en ‘n paar opera-gunstelinge gesing.
Kliek > om deur die FOTOGALLERY te blaai:

























You must be logged in to post a comment.