As jy van Ravensmead is en jy speel gereeld die nasionale lotery, moet jy vinnig spring.
Ithuba, die organisasie wat die nasionale Suid-Afrikaanse lotery bedryf, het in ’n verklaring aangekondig dat R279 miljoen onopgeëis is.
Een persoon het ’n kaartjie ter waarde van R20 miljoen, wat binne die volgende week verval.
Plaaslik is daar iemand van Ravensmead met ’n kaartjie wat R7 miljoen werd is.
Hierdie persoon het R45 in die PowerBall Plus Jackpot gespeel. As die eienaar nie voor 3 Desember die geld opeis nie, gaan dit terug in die verspreidingsfonds.
Hierdie kaartjie is by die Ravensmead Supermark gekoop.
In Mitchell’s Plain loop ook iemand rond wat R1,7 miljoen in sy sak kan steek.
’n Kaartjie ter waarde van R80 is by die plaaslike Game gekoop.





