Justin Pretorius (links), adjunkhoof van die Jan Krielskool se hoërskool-afdeling, by dr. Geoffrey van der Voort, Metro-Oos-kringbestuurder.


Justin Pretorius, adjunkhoof van die Jan Krielskool se hoërskool-afdeling, is verlede week as die wenner van die onderwysdepartement se Metro-Oos-streek vir die Nasionale Onderwystoekennings aangewys vir sy uitnemendheid in sekondêre skoolonderrig.

Pretorius dring nou deur na die provinsiale ronde. Die skool het in ’n boodskap gesê hulle is baie trots op Pretorius, wie se toewyding, harde werk en passie vir die onderwys vrugte afgewerp het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article