Ek het julle aanlyn artikel gelees insake krageenhede wat verlore gaan (“The mystery of missing meter units”, 4 Oktober 2017).

Ek het voorverlede naweek 31 eenhede oornag verloor. Die balans op my meter was 31 teen Saterdag om 20:35 en Sondag om 07:25 het my krag afgegaan. So waar het my eenhede heen verdwyn?

Op 1 Maart het ek R500 se krag gekoop en gelaai. Die volgende oggend, net so voor 08:00, was die meter 60 eenhede minder. Ons daaglikse verbruik is so tussen 20 en 25 eenhede.

Ek het dit op Eskom se Alfred Chat aangemeld as ’n foutiewe meter.

Verlede Saterdag om 08:00 was my meter op 164 en Sondag om 08:00 staan dit op 123. Met ander woorde, nog 41 het verlore gegaan in plaas van 25 tot 28 eenhede per dag oor ’n naweek.

Die 62 van die vorige dag plus 41 vanoggend is 103 oor twee dae, wat verregaande is en onmoontlik!

Voor ek weet, slaan my krag weer af! Dit het voorheen nog nooit met my gebeur nie, want ek hou my kragverbruik met valkoë dop.

Baie dankie dat julle aandag daaraan gee, want Eskom se houding is dat die verbruiker die krag self verbruik, wat totale onsin is.


Wilma WilliamsBelhar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article