Ons glo almal dat ons nooit iets van iemand anders sal steel nie.

Maar in die laaste tyd kom ek tog agter dat almal van ons daagliks iets van iemand anders steel. Ek hou nou al lank motoriste se gedrag dop wanneer dit by verkeersligte kom. Ek wonder of iemand al ooit daaraan gedink het dat ons steel as ons gou oor ’n verkeerslig jaag as die lig alreeds vir ons rooi is. Jy steel mos die ander motoris se reg om ry. Ons stop nie meer agter die wit streep nie … net te ongeduldig om so vinnig moontlik weg te spring! Weereens steel ons inderdaad, want jy steel die voetganger se spasie wat daar vir hom gemaak is om oor te stap.

As ons regtig begin dink oor hierdie saak, sal ons gou uitvind dat ons tog skuldig is aan diefstal.

Ek sal graag wil hoor of lesers ook aan ander sulke gevalle kan dink. Ons mag nie steel nie.


J. HeynsBrackenfell

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article