Die Hoërskool Tygerberg het vandeesweek sy 2026 Interhuis-atletiekbyeenkoms gehou. Die geleentheid is op Maandag 19 Januarie op die atletiekbaan en sportveld by Jan Burger-sportpark in Parow-Noord gehou.

“Ons is baie trots op almal wat aan die items deelgeneem het en is opgewonde om te sien wat ons atletiekspan hierdie jaar gaan vermag. Soos gewoonlik het die Tiere ook vir die gees op die paviljoen gesorg,” lees ‘n inskrywing op die skool se sosiale-mediablad.

Sunset Muzinga

Die skool het ook sy afrigters, atlete en dirigente met die voorbereiding vir vanjaar se DTBS-atletiekbyeenkoms en al die byeenkomste wat voorlê, sterkte toegewens.

Die DTBS, voorheen bekend as die MTBS-atletiekbyeenkoms, vind vanjaar op Saterdag 7 Februarie plaas en word in die Groenpunt-atletiekstadion in Kaapstad gehou. Die ander deelnemende hoërskole sluit in DF Akademie, Bellville en Stellenberg.

Zubair Lewis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article