Geleentheid vir 16 Dae van Aktivisme in Kuilsrivier deur polisie, ander rolspelers gehou

Hentie Smit (trustee van die AGS-aftreeoord) steek ’n kers aan vir misdaadslagoffers. By haar is (van links) sers. Estelle April (programleier), Fezekile Cotani (voorsitter: Strive for Perfect Success) en lt.kol. Lulama Mhambi (waarnemende stasiebevelvoerder).FOTO’S: Carina Roux


Die Kuilsrivier-polisie het verlede Woensdag (20 November) in samewerking met verskeie rolspelers ’n geleentheid in die aanloop tot die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders by die AGS-aftreeoord in Kuilsrivier (AFM Care Village) aangebied.

Mense vanuit die gemeenskap is genooi om die oggend by te woon. Onder die rolspelers was Badisa, Age for Action, maatskaplike werkers van die Stad Kaapstad en die gemeenskapsgesondheidsdiens Courage to Care.

AO Liesel Beukes, woordvoerder van die Kuilsrivier-polisie, stel die vrywilligers wie ondersteuning aan misdaadslagoffers bied voor. Hulel is (van links) Magrieta Peters, Angie Rhode, Angie Isaacs en Ronel Hulsmann.

Nyaniso Desha van die departement justisie by die Kuilsrivier-landdroshof was een van die sprekers.

Gaste by die geleentheid is (van links) Christell Davids, Jan Nero, Alvinci Maarman, Karen Bilham, Alice Francis en Monica Matokazi.

Andrea Titus, Nosipho Nkantini, Arlene Classen en Neliswa Nongqayi van die gemeenskapsgesondheidsdiens Graceful Care Unlimited.

Leanne Stellenberg het ’n boodskap namens die gemeenskapspolisiëringsforum gelewer. AO Liesel Beukes, woordvoerder van die Kuilsrivier-polisie, het ’n oorsig oor huishoudelike geweld gegee.

Nyaniso Desai van die Kuilsrivier-landdroshof en adv. Greg Niemand het insig gegee in die werk wat hulle doen. Die hoofspreker was lt.kol. Lulama Mhambi, waarnemende stasiebevelvoerder.

Program

Die 16 dae-veldtog strek van 25 November tot 10 Desember. Op Vrydag 22 November het Badisa en die polisie se sektorbevelvoerder reeds bewusmaking oor geslagsgeweld by die Laerskool Kalkfontein gedoen.

  • Op Donderdag 28 November om 09:00 word ’n gholfdag by die Kuilsrivier-gholfklub aangebied. Vanaf 10:00 sal die polisie en Badisa by die Zevenwacht-winkelsentrum wees om kinders se vingerafdrukke en besonderhede te neem (wat help sou hulle vermis raak).
  • Op Saterdag 30 November vanaf 09:00 sal die polisie en vrywillige beraders pamflette oor geslags- en huishoudelike geweld in die middedorp uitdeel.
  • Op Woensdag 4 Desember vanaf 09:00 sal die polisie en Graceful Care Unlimited voor Kuilsrivier Spar (Van Riebeeckweg) wees met basiese gesondheidsdienste en ’n uitstalling.

Om 09:00 lewer Badisa ’n bewusmakingspraatjie by die Kuilsrivier-kliniek oor hul rol in kinderbeskerming en wat om te doen wanneer kinders deur geslagsgeweld geraak word.

Om 13:00 is die polisie by Sandy Lands-kwekery.

  • Op Donderdag 5 en Vrydag 6 Desember word oor geestesgesondheid gesels met seniors by drie tehuise. By Buzzy Bee Crèche is ’n Santa-skoenboks-geleentheid.
  • Op Saterdag 7 Desember om 09:00 is Badisa by die Kuilsrivier-kliniek om oor kinderbeskerming te praat.

Vanaf 09:00 sal die polisie en ander veiligheidsdienste by Beautify Kuils River se mark by Kerkplein wees met pamflette en om kinders se vingerafdrukke te neem.

  • Op Dinsdag 10 Desember om 10:00 word die veldtog met bewusmaking langs Nooiensfonteinweg (oorkant die sportskool) afgesluit.

Om 12:30 doen die polisie en Badisa ’n bewusmaking vir plaaskinders oor geslagsgeweld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article