Die begroting is ter tafel geplaas, nou gedaan;
Waarna die bevoorregtes is nog platgeslaan;
Verhogings op alles, oorladings sommer ook in die pot;
Ongeag die feit hulle ook swaarkry, moet hulle opdok;
“ons is in beheer, ons weet wat ons wil hê;
Betaal, betaal, betaal, betaal en doen net wat ons sê”;
Luister nie na die 24 000 wat maak beswaar;
Dis net die begin, ons is nog ver van klaar;
Die lot van behoeftiges groei dag na dag;
Wees deel van die armes se lot, help dit versag;
Julle het hoë mure, plus munisipale geriewe;
Julle is veilig, amper vry van misdaad, diewe;
Kaapstad is nommer 1 in die hele heelal;
Hardloop bank toe en betaal, betaal.
D Beelders, Vasco




