Gashouers uit brandende huis in Presidentstraat, Bellville, gedra

City of Cape Town Fire and Rescue Services
Illustration

’n Hoogs plofbare tragedie is vanoggend (Dinsdag 15 Oktober) verhoed nadat brandweerspanne blitsig op die toneel in Presidentstraat, Bellville, reageer het waar ’n huis met sowat vyf gasbottels in aan die brand geslaan het.

’n Bron op die toneel het TygerBurger meegedeel die huis was om 10:30 geheel en al in vlamme verswelg.

“Die huis se dak het – terwyl ’n span brandweermanne besig was om die vuur binne te bestry – om die span ineengestort. Al die brandweermanne het die ineenstorting oorleef, maar een is beseer.”

Brandweer

Brandweerspanne het Dinsdagoggend 15 Oktober omstreeks 10:00 blitsig op die toneel van ’n brandende huis in Presidentstraat, Bellville, gereageer.

Hoewel die vlammehel onder beheer gebring is, het die brandweerspan ook flink reageer en sowat vyf hoogs plofbare gasbottels wat op die erf gestaan het, van die toneel af verwyder.

“Bure op die toneel het ook laat weet hulle het die afgelope paar dae die reuk van brandende rubber in die omgewing opgelet. Vanoggend het die huis aan die brand geslaan.”

Brandweer

Die swart rookwalms van die brandende huis is tot so ver soos Edwardstraat, Bo-Oakdale, opgelet.

Die huis het erge skade gely, maar geen lewensverlies is tot dusver aangemeld nie.Dringende navrae is aan die Stad Kaapstad gerig om besonderhede op die brandtoneel, te bevestig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article