Gesinne het Saterdagaand (29 November) weer heerlik saamgekuier by die Jan Krielskool in Kuilsrivier se jaarlikse Liggieboomfees.
Sumarie Greyling (née Jordaan), oud-hoofmeisie, het meer vertel oor Verander jou siening, “die eerste ‘differently-abled’-program in Suid-Afrika” wat sy aanbied en wat van Februarie op Via uitgesaai word.
“Ek hoop dit sal die stigma om ‘differently-abled’ mense breek en elkeen in hierdie skool inspireer. As jy jou kop op ‘n ding sit, moenie dat enigeen vir jou sê jy kan nie — jy kan.”
Oudergewoonte het die leerders verskeie sang en -dansoptredes gelewer voordat die gaskunstenaar die verhoog betree het.

Vanjaar het Leah gaste met ‘n vollengte vertoning kom bederf.
Daarna is al die helder ligte afgeskakel en is daar by LED-kerslig dankie gesê vir die afgelope jaar se genade en seëninge voordat die groot liggieboom met meer as 10 000 liggies aangeskakel is.


























You must be logged in to post a comment.