Hoërskool DF Malan se dirigente vir die 2025 flashes.


Die Hoërskool DF Malan het by vanjaar se MTBS-atletiekbyeenkoms behoorlik die gees hoog laat loop met hul tema DF-Fun Fair tydens die flashes by die DHL-stadion in Kaapstad en het ook goed presteer op die veld en atletiekbaan.

Eben Smit, een van die skool se top-atlete, het met die beker vir die Beste Prestasie Seuns weggeloop. Hy het ook die 400 m-hekkies seuns (o.17) rekord tot 52,63 sekondes verbeter. Van hul atlete het ook goue, silwer en brons medaljes ingepalm.

Hoërskool DF Malan Pawiljoenvertoning

TygerBurger se Richard Roberts het gaan uitvind hoe voorbereidings vir die MTBS 2025 gevaar het. 

Tema: DF-Fun Fair

Pawiljoenafrigter: Erin Vercelloti (hoofafrigter), Jo-mi Muller Badenhorst (hoofafrigter), Jade Paige, Keane Defountain, Anda Avenant, Magdel van der Schyff en Lehandi Eygelaar.

Hulppersoneel/Geeskomitee: Leanda du Bruyn (atletiekorganiseerder), Juanita Gerstner en Kayla Smit (gewigstoot en diskus), Rihanna Steenkamp (spiesgooi), Deon en Zenobia Jewaskiewitz (naelope), Christi Thirion (middelafstande), Nadia Galvin Samuel (verspring), Antonio Alkana (hekkies) en Heidri Mittendorf (hoogspring).

Dirigente: Philip Mouton, Saskia Briërs, Margo du Toit, Sebastian Gelderblom, Lara Theron, Ethan Kondowe, Janke van Niekerk en Charl Pentz.

Tromspelers: Danielle de Villiers, Eileen Vermeulen, Emma Keating en Talja Chamberlain.

Wat was die inspirasie vir hierdie tema?

Die aanvanklike doel van die MTBS-vertoning was om die atlete aan te moedig, maar oor die jare het dit ontwikkel tot ’n geleentheid om die gehoor ook te vermaak. Dus het ons begin met die idee van “Let me entertain you” wat verder uitgebrei het tot DF-Fun Fair. ’n Kermis verskaf verskeie vorme van vermaak en dit is wat ons hierdie jaar uitbeeld.

 Hoe lank word daar al aan vanjaar se MTBS geoefen? 

Ons (DF) atlete het einde verlede jaar in September begin met oefening en weer 20 Januarie 2025 hervat.

Die dirigente en afrigters werk al vanaf einde November om hierdie vertoning bymekaar te sit. Terwyl die res van die skool vakansie gehou het, het die dirigente dag en nag geoefen. Die skool oefen al sedert 20 Januarie 2025 wat beteken dat ons 15 dae gehad het om dit bymekaar te sit.

Is dit moontlik om te bepaal die hoeveelheid ure wat aan vanjaar se MTBS spandeer is?

Nee, nie regtig nie, daar is altyd beplanning wat gebeur na ure. Die dirigente en afrigters werk al ongeveer 120 ure aan die vertoning, terwyl die skool as geheel 30 ure geoefen het, maar al die tyd saam is moeilik omdat daar soveel agter die skerms gebeur! 

Aan die skole met nuwe afrigters – wat het die afrigter gemotiveer om vanjaar se MTBS by die betrokke skool af te rig?

Heidri Mittendorf ons nuwe hoogspring afrigter vertel dat  dit altyd vir haar ‘n voorreg is om by kinders betrokke te raak en haar kennis te deel. “As jy n verskil by een kind kan maak, of een kan help was jy suksesvol.”

Ons MTBS-flashes onnie-span is splinternuut. Die span bestaan uit 7 onderwysers, en 5 van hierdie onderwysers was self in ‘n MTBS skool. Dus het die meerderheid van die onnies eerstehandse ervaring van die flashes geleentheid. Die hele span weet dus watter ongelooflike geleentheid dit is en boonop- dit is vet pret.


 

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article